Verskreeu jy die mense vir wie jy die liefste is?
Voel jy heeldag boos van jou kop tot jou tone?
Het jy al ‘n kas stukkend geslaan of iets in stukke gegooi?
- Hoe laat jou woede uitbarstings jou voel?
- Beinvloed dit jou familie bande en werk?
- Vernietig dit jou verhoudings met die mense die naaste aan jou en vir wie jy die liefste is?
- Laat dit jou met skuldgevoelens en verwyte agter?
Verseker, want kwaadheid het nog nooit iets goeds gedoen nie en met al hierdie laste op jou skouers glo ek is jy nog kwater vir jouself en as gevolg hiervan bly dit net eenvoudig ‘n bose kringloop …. oor en oor en oor, is dit nie? Onthou, met negatiewe emosies kan jy eenvoudig nie fokus waarop jy moet nie en jy trek alles wat onaangenaam is aan en in stede van vorentoe beweeg gaan jy net agteruit of staan stil.
Hoe graag wil jy verander en is jy bereid om te doen wat ook al dit vat om te verander?
Wat as ek jou vertel dat jy KAN verander! Ja, want ek kan uit my hart getuig! Van iemand wat ‘n kas kon stukkend skop as ek nie my sweetpak broek kon kry wat op die ou einde reg voor my neus gelê het of my arme vrou verskreeu het as sy nie kon sien ons ry die afrit mis nie. Dan praat ek nie eers van hoe my arme arbeiders verskreeu is nie. Ek het letterlik soos “Prime Evil” gelyk met ‘n bloedrooi gesig en ‘n plooi wat soos ‘n swaard op my kop gelê het. Na agt jaar van soek, bid, kursus op kursus, meditasie en, en, en, het God my aan NLP (Neuro Linguistic Programming) voorgestel wat in kort eenvoudige Afrikaans die Handboek van die Verstand is. Daar is ‘n rede of dalk redes hoekom jy so optree en dit het absoluut niks met jou geloof te doen nie, maar slegs oor wat se dinge en gebeurtenisse in jou lewe gebeur het wat dan gestoor is in jou Onderbewuste Verstand wat jou laat optree soos jy optree en glo soos jy glo.
Van ouderdom 0-7 jaar oud het jy as kind onbewustelik deur die lewe gegaan. Hoekom sê ek so? Ons brein funksioneer op verskullend brein golwe. Daar is eerstens jou Beta brein golwe wat enige iets van 14.1Hz en op is. Dit is jou normale dag tot dag brein golwe wanneer jy wakker is. Volgend is Alpha wat wissel tussen 7.1 - 14Hz. Dit is baie ontspannend en jy gaan gewoonlik daar in wanneer jy TV kyk of boek lees. Dan is daar Theta wat wissel tussen 4.1 - 7Hz. Dit is die brein golwe waar in jy gaan net voor dat jy in diep slaap in gaan. Laastens kry ons Delta wat wissel tussen 0.1 - 4Hz. Dit is diep slaap wanneer jou bewuste verstand afgeskakel is en jy so te sê onbewustelik is. Kinder van 0 - 7 jaar oud is hoofsaaklik net in hierdie brein golwe. So dus te sê dat hulle basie die heel tyd onbewustelik is. Gedurende hierdie tyd was jou brein (verstand) soos 'n spons en absorbeer hy/sy alles wat rondom jou aan gaan. Hy/sy observeer mense soos jou oures en onderwysers se optredes en neem alles in wat vir jou gesê word, sonder om daar oor te reduneer. So as mense rondom jou vinnig kwaad geword het sou jy dit opgetel het en dit sal nou ook deel van jou optrede wees. Kan jy nou sien dat daar meer in die Onderbewuste verstand aangaan as wat ons bewus is van, want hoekom tree jy dan so op? Dit is waar ons gaan werk en die veranderinge aanbring. Diep in die Onderbewuste Verstand en ons doen dit alles net deur om met jou te praat deur die regte taal gebruik. Daar is geen hipnosis betrokke nie, so wees gerus. Deur die veranderings te maak in die Onderbewuste Verstand verander jou optrede onmiddelik. Daar is geen wag periode nie, alles verander soos ons met jou werk.
Hier is nog iets om oor BAIE opgewonde te raak;
Ons gaan jou ook help om sommer van AL jou Negatiewe Emosies ontslae te raak!
Ja, dis reg, want al jou negatiewe emosies soos kwaadgeid, irretasie, angs, hartseer, vrees, skuldgevoel en seerkry besoedel jou liggaam en gees met optredes en denke wat afbrekend is vir jouself en almal om jou soos wat jy reeds kan getuig, is dit nie? Ons het 'n tegniek met die naam Quantum Time Line™ waarmee ons van al die bo genoemde negetiewe emosies ontslae raak van dat jy ±1 weke oud was in jou ma se maag tot vandag toe. Basie 'n hele leeftyd se negetiewe emosies vat ons weg in een dag. En dit alles doen ons net deur om met jou te praat terwyl jy die alles in jou verstand viualiseer.
Al wat dit jou gaan kos is om te belê in jouself! Ja, natuurlik gaan dit nie goedkoop wees nie, maar ek belowe jou dat almal wat wil, dit kan bekostig want hierdie proses is absoluut bekostigbaar en sal altyd prysloos wees in my oë. Wat se waarde kan jy plaas om elke dag met dankbaarheid, liefde en vrede op te kan staan? Om jou lewe te lei soos wat jy wil en om alles wat mooi is aan te trek, want dink jy vir een oomblik dat God besluit party mense moet gelukkig lewe en ander moet swaarkry? Wat maak die mense wat gelukkig is anders as jy? Verseker wil God ten alle tye hê dat jy jou lewe voluit en gelukkig moet lewe en daardeur jou doel op aarde bereik. Dit kan slegs moontlik wees as jy laat gaan van dit wat jou terughou en leer hoe om elke krisis in jou lewe te gebruik om jou met meer wysheid toe te rus sodat jy net meer en meer kan groei. Jy sal met my saam stem dat ‘n geslypte diamant duisend maal mooier is as ‘n rou diamant. Ja, die lewe slyp ons, maar dis om te groei!
Wanneer het ons besluit dat ons gestraf word en dat swaarkry ons lot is?
Komaan, die lewe is ‘n leerskool en dis wonderlik. Jy het NOU die geleentheid om dit ook elke dag met volle oorgawe te ervaar en ‘n ongelooflike lewe te lei!